Beskrywing
Albendasool is 'n sintetiese anthelmintikum wat behoort tot die groep bensimidasool-derivate met aktiwiteit teen 'n wye reeks wurms en teen 'n hoër dosisvlak ook teen volwasse stadiums van lewerbot.
Aanduidings
Profilakse en behandeling van wurminfeksies in kalwers, beeste, bokke en skape soos:
Gantroïntestinale wurms: bunostomum, cooperia, chabertia, haenonchus, nematodirus, oesophagostomum, ostertagia, strongyloides en trichostrongylus spp.
Longwurms: dictyocaulus viviparus en d. filaria.
Lintwurms: monieza spp.
Lewerbot: volwasse fasciola hepatica.
Dosis en Toediening
Vir orale toediening:
Bokke en skape: 1 ml per 20 kg liggaamsgewig.
Lewerbot: 1 ml per 12 kg liggaamsgewig.
Kalwers en beeste: 1 ml per 12 kg liggaamsgewig.
Lewerbot: 1 ml per 10 kg liggaamsgewig.
Skud goed voor gebruik.
Kontraindikasies
Toediening in die eerste 45 dae van swangerskap.
Newe-effekte
Hipersensitiwiteitsreaksies.
Onttrekkingstydperk
Vleis: 12 dae.
Melk: 4 dae.
Berging
Bêre in 'n koel en droë plek onder 30 ℃.








